Blatjang

Piesang- of appelblatjang

12 geskilde piesangs, in ringe gesny
250 ml sultanas
2 groot gekapte uie
250 ml suiker
15 ml kerriepoeier
500 ml wit asyn
15 ml soutknippie rooipeper
2 stukke pypkaneel

Meng die bestanddele in 'n geskikte kastrol en prut stadig tot dik.
Kook sonder 'n deksel en roer gereeld omdat dit baie maklik aanbrand. Die blatjang behoort binne sowat 35 minute dik en geurig te wees.
Proe en verwyder die kaneel. Bottel soos beskryf.
Bewaar om ryp te word. Heerlik met kerrie, koue vleis en op toebroodjies met hard gekookte eier.

Mikrogolf:
Mikrogolf onbedek op hoog 10 minute op 'n keer. Stop, roer en toets die bestandheid. Dit sal sowat 20 minute duur.Variasie:Om appelblatjang te maak, vervang die piesangs deur 750 g kookappels.
Vervang die wit suiker en asyn deur bruin suiker en asyn.

Perskeblatjang
2,5 kg geskilde, ontpitte, stewige geelperskes, fyn gesny of gekap in 'n voedselverwerker2 groot gekapte uie
2 groen soetrissies, in blokkies gesny of in die voedselverwerker gekap
1,25 l bruin asyn
1,5 l bruin suiker
15 ml sout
5 ml fyn gemmer
5 ml mosterdpoeier
3 ml rooipeper
3 knoffelhuisies, met sout of in die knoffelpers fyngedrukMeng al die bestanddele tot by die sout in 'n geskikte kastrol.
Prut 2-3 uur lank baie stadig tot die mengsel dik en aromaties is.
Voeg die gemmer, mosterd, rooipeper en knoffel by. Bring weer tot kookpunt en bottel. Bewaar om ryp te word.
Die Burger.