Bobotie

BobotieIngrediënten: (4 - 6 porsies)
1 kg beesmaalvleis, 1 dik sny bruinbrood, 250 ml melk, 2 uie, gehalveer en in skywe gesny, 30 ml sonneblomolie, 15 ml matige kerriepoeier, 10 ml borrie (Koenjit), 15 ml fyn appelkooskonfyt, 1 eier (geklits), 30 ml witwynasyn, lourierblare, sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Eier-bolaag:
3 eiers, 375 ml melk, sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Bereiding:
Verhit jou oond tot 180 °C. Week die bruinbrood tot sag in die melk. Maak die brood fyn met ’n vurk. Verhit die olie in ’n pan en braai uie tot sag en effens bruin. Voeg die kerriepoeier, borrie, witwynasyn en appelkooskonfyt by en braai liggies vir sowat 2 minute. Haal die pan van die hitte af. Meng die maalvleis, eier en brood in ’n mengbak. Voeg die uiemengsel en die res van die bestanddele behalwe die lourierblare by. Meng goed en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Plaas die mengsel in ’n oondbak van sowat 30 x 25 cm en druk die lourierblare bo-op. Sit in die warm oond en bak vir 30 minute. Klits intussen die eiers en melk saam en geur met sout en swartpeper. Haal die bobotie uit die oond en gooi die eiermengsel oor. Plaas terug en bak verder vir nog 25 minute.

Persoonlijk hou ik van iets meer bite - Ik voeg bij de uien nog een klein gesneden appel, gewelde rozijnen en klein gesneden gewelde gedroogde abrikoos toe. Alles zoals het uitkomt.
Serveren met gekookte witte rijst.